Collection: VROUEMAAND

Dis Vrouemaand, en ons wil graag ’n oomblik vat om dankie te sê.

Dankie aan elke vrou wat elke dag help om ons nasie te bou.
Elke vrou wat ’n gesin grootmaak, ’n droom najaag, ’n besigheid bou, ’n huis bymekaar hou, of eenvoudig elke dag opstaan en weer haar beste gee.

Aan elke vrou wat haar kruis dra, selfs op die dae wanneer dit swaar voel.
Aan elke vrou wat aanhou gee, van haar tyd, haar liefde, haar energie en haarself.

Ons sien julle. En ons waardeer julle.

Daarom het ons hierdie Vrouemaand goedgedink om 15% afslag op al ons leersakke in ons aanlynwinkel te gee, net as ’n klein manier om iets terug te gee.

Want ons weet: dit is moeilik om aan te hou gee wanneer jou eie koppie leeg is.

Vrouens, kyk asseblief ook na julleself.
Vat daardie vyf minute. Maak ’n koppie koffie. Haal asem. Doen iets wat jóú hart gelukkig maak. Bederf jouself ’n bietjie.

Jy verdien dit ook om jou eie koppie weer vol te maak.

Gelukkige Vrouemaand aan elke ongelooflike vrou wat elke dag, op haar eie manier, ’n verskil maak.