'n Bietjie meer oor Skoonsus
Hallo, Doné hier!
Ek is die trotse mamma van twee pragtige dogtertjies, en ook die hart agter Skoonsus.
Na ‘n kort tydperk van 1.5 jaar in die korporatiewe wêreld, het ek vinnig besef dit is nie die pad wat ek met my lewe wil stap nie. Ek het toe die moed bymekaar geskraap en begin om voltyds aan my droom te bou — Skoonsus.
Wat begin het as ‘n klein geskenkboksie-besigheid met seep en badballe, het gegroei in ‘n passievolle geskenk- en dekorwinkel én 'n leerfabriek. Vandag is dit my grootste voorreg om elke dag met kreatiwiteit en oorgawe aan my passie te werk.
By Skoonsus gaan dit nie net oor mooi produkte en gehalte geskenke nie. Ons doel is om elke siel wat ons aanraak, beter te laat voel as voorheen — om mense te bederf, vreugde te bring, en iets van Jesus se liefde te wys. Sy genade en leiding is die fondasie van alles wat ons doen.
Dankie dat jy hier is. Ons hoop jy voel welkom, geïnspireer en bederf.